
- 500 g - maalvleis
- 125 ml - broodkrummels (panko of gewoon)
- 1 - eier
- 15 ml - garam masala
- 60 ml - olie
- - SOUS
- 1 - groot patat, in blokkies gesny
- 2 - knoffelhuisies, gekap
- 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
- 2 - brandrissies, ontpit en gekap
- 15 ml - matige kerriepoeier
- 15 ml - tamatiepasta
- 250 ml - klappermelk
- ½ - komkommer, in blokkies gesny
- - ’n hand vol vars koljander, gekap
- - gestoomde rys vir voorsit
1 Meng die maalvleis, broodkrummels, eier, garam masala en ’n ruim knippie sout en peper, en rol dit met nat hande in happiegroot frikkadelle.
2 Verhit die helfte van die olie in ’n pan en braai die frikkadelle tot mooi goudbruin oraloor. Skep uit en braai die patatblokkies vir ’n paar minute in die res van die olie tot hulle begin kleur kry.
3 Roer die knoffel, gemmer, brandrissie, kerriepoeier en tamatiepasta by en braai twee minute lank saam met die patat. Skep die frikkadelle terug in die pan, giet die klappermelk by en laat prut rustig vir sowat 10 minute of tot die patat en vleis gaar en die sous geurig is. Sit voor met die komkommer, koljander en gestoomde rys.