
- 125 ml - witwyn
- 1 kg - halfskulpmossels
- 1,5 liter - vis- of groenteaftreksel
- 15 ml - elk olyfolie en botter
- 3 - knoffelhuisies, gekap
- 1 - bossie sprietuie, gekap
- 2 - klein vinkelbolle, gekap
- 1 - rooi brandrissie, gekap
- 15 ml - tamatiepasta
- - sowat 250 ml risottorys
- 80 ml - suurroom of crème fraîche
- - gekapte vinkelblaartjies vir afronding
1 Verhit die witwyn tot kookpunt, roer die mossels by en laat stoom vir 3 minute met die deksel op. Skep die mossels uit en voeg die aftreksel by die wyn. Hou eenkant.
2 Verhit die olie en botter in ’n ander kastrol en braai die knoffel, sprietuie, vinkel, rissie en tamatiepasta vir ’n minuut of twee tot geurig. Roer die rys by en braai vir 2 minute tot oraloor bedek met die mengsel. Roer nou die mosselgegeurde aftreksel soplepel vir soplepel by die rys. Wag elke keer tot die aftreksel heeltemal geabsorbeer is voor jy nog byvoeg en roer gereeld. Ná sowat 15–20 minute behoort die rys al dente te wees. Vermy die laaste bietjie aftreksel op die bodem van die pot vir ingeval daar nog sand of skulpreste in is. As jy die mossels vooraf wil spoel, moet dit nie oordoen nie, want dan bederf jy die seekosgeur.
3 Geur die rys met sout en peper, roer die gaar mossels en die suurroom by saam met ’n strooisel vinkelblaartjies. Verwyder van die hitte en laat staan vir 2 minute voor jy inskep. Smul dan dadelik!