Rooi pesto-pasta met tuna

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 2–3 - rooi soetrissies
  • 4 - sagte sondroë tamaties, gekap
  • 1 - rooi brandrissie (of na smaak), gekap
  • - pecorinokaas
  • - vars basilie of pietersielie
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • sowat 100 ml - olyfolie
  • 300 g - linguine
  • 100 g - swart olywe, ontpit en grofgekap
  • 340 g - geblikte tuna, gedreineer
Metode
Sit voor met ’n strooisel vars kruie.

1 Rooster die soetrissies oor ’n vlam tot oraloor swart gebrand en laat “sweet” hulle dan vir ’n paar minute in ’n toegevoude plastieksakkie. Vryf die velletjies af, verwyder die pitte en maak fyn in ’n voedselverwerker saam met die knoffel, brandrissie, tamaties en olyfolie.

2 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Verhit ’n pan tot lekker warm en braai die soetrissiepasta stadig vir ’n minuut tot geurig. Skep die gaar linguine uit die water by die soetrissie-pasta en roer deur. Voeg die olywe, tuna en pecorinokaas by en geur met sout en peper na smaak. Garneer met vars kruie.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees