1 Braai die sampioene in die botter en olie tot goudbruin en geurig. Roer die spinasie by en braai net ’n paar minute tot die blare verwelk. Geur mildelik met sout, peper en neutmuskaat. Meng die ricotta en die meeste van die parmesaan by en verwyder van die hitte. Verdeel die mengsel in vier porsies.
2 Gebruik 3 eiers per omelet en skei die eiers. Klits die eierwitte styf en klits die eiergele apart tot skuimerig. Vou die eiergeel by die eierwit in tot net gemeng en geur met sout en peper.
3 Voorverhit die roosterelement. Giet die eiermengsel in ’n gesmeerde 20 cm-braaipan en braai dit vir ’n paar minute oor matige hitte – net totdat die omelet se onderkant sy vorm behou en mooi bruin raak. Sit die pan dan vir ’n paar minute onder die voorverhitte roosterelement totdat die bokant ook mooi bruin en opgepof is. Skep ’n kwart van die vulsel bo-op die omelet, vou toe en glip dit op ’n bord. Strooi ’n bietjie ekstra parmesaankaas oor. Herhaal vir die res van die omelette.