book-icon Uitgawe Julie 2018

Spinasie-en-grondboontjie-plaatkoekies

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 100 g - gesoute grondbone, grofgekap
  • - geroosterde tamaties vir voorsit
  • 3 - eiers
  • - sowat 125ml room
  • - olie vir vlakbraai
  • 140g (250ml) - bruismeel
  • 250 g - mozzarella, grofgerasper
  • 300 g - spinasie, geblansjeer, verfris en gekap
Metode
Kry die resep hier.

1. Meng die grondbone, kaas, meel en spinasie. Klits die eiers en room saam en meng dit by die ander bestanddele om ’n stywe beslag te vorm. (Die grondbone en kaas is reeds sout, daarom is ekstra sout nie nodig nie.)

2. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Skep lepels vol beslag in die pan en maak effens plat. Braai tot goudbruin alkante. Sit warm voor met geroosterde tamaties vir ’n ligte ete. Ook heerlik met varkworsies.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees