Foto Greg Cox
1 Sny enige oortollige vet van die vleis af en kap in blokkies. Braai die vetblokkies in ’n dikboompan uit om die pan te smeer. Smeer die steak alkante met olyfolie en geur met sout en peper. Braai die vleis in die voorbereide pan tot goudbruin oraloor.
2 Roer dan die kool ook by die pan en braai dit saam met die vleis tot albei goudbruin en so gaar is soos jy daarvan hou.