1 Verhit die olie en braai die ui tot glansend. Roer die knoffel, rissie, gemmer en borrie by en roerbraai nog ’n minuut.
2 Voeg die aartappels, klappermelk en 250 ml water by, bring tot kookpunt en draai dan die hitte laer. Bedek die pan en laat die aartappels prut tot gaar – sowat 10-15 minute.
3 Roer die tamaties, ertjies en steurgarnaalsterte by en laat prut tot die garnale pienk en gaar is – nog sowat 5 minute. Geur na smaak met sout, peper, lemmetjie en koljander, en smul!