Tortillas met varkvleis en boontjies

Vennootskapveldtog Vennootskapveldtog
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 15 ml - olie
  • 500 g - varkvleis-roerbraairepies
  • 1 - bossie sprietuie, gekap
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 30 ml - sesamsaad
  • 1 - blik rooi nierbone, gedreineer
  • ½ - komkommer, geskil en gekap
  • 200 g - kersietamaties, gekap
  • ’n hand vol - vars koljander
  • 4 - 6 - tortillas, gerooster en in die helfte deurgesny
  • - sriracha-rissiesous en mayonnaise vir voorsit
Metode
Rooster dié tortillas in jou broodrooster.

1. Verhit die olie in ’n pan, voeg die varkvleis by en braai vir ’n paar minute tot dit begin verkleur. Voeg die sprietuie en knoffel by en braai nog ’n paar minute. Strooi die sesamsaad oor, voeg sout en peper na smaak by en braai tot goudbruin. Pasop dat jy nie die vleis te lank braai nie; dit sal taai raak. Voeg die boontjies by en laat deurwarm raak. Verwyder van die hitte.

2. Meng die komkommer, tamaties en koljander.

3. Smeer ’n bietjie mayonnaise aan elke geroosterde tortilla-helfte, gevolg deur ’n lepel slaai, dan varkvleis en boontjies. Rond af met ’n bietjie sriracha-rissiesous. 

Ken jou snit: Vark-roerbraairepies

Min dinge kom by die veelsydigheid en waarde van ’n vinnige vark-roerbraai, veral met bros groente en Oosterse geure in die sousie. Varkrepies word nie altyd in die vleiskas uitgestal nie; vra jou slagter om dit vir jou te sny. Dit kom meestal uit die boudvleis. Vra dat dit teen die draad van die vleis gesny word vir ’n doeksagte resultaat.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees