Varkvleis-en-sampioenpannekoek

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 2 - eiers
  • 250 ml - bruismeel
  • 350 ml - melk
  • 80 ml - olie
  • 30 ml - gekapte grasuie
  • 30 ml - olyfolie
  • 400 g - varkmaalvleis
  • 400 g - sampioene, gekap
  • 10 ml - meel
  • 125 ml - room
  • 125 ml - aftreksel
  • 250 ml - gerasperde wit cheddar
Metode
Probeer dié gunsteling met sappige Suid-Afrikaanse varkvleis

1 Klits die eiers, meel, melk en olie saam tot glad. Voeg ’n knippie sout by en giet die beslag deur ’n sif om seker te maak daar is nie klonte in nie. Roer die grasuie in. Verhit ’n middelslag-pan, voeg ’n druppel olie by en skep ’n bietjie van die beslag met ’n soplepel in die pan (maak seker die beslag bedek die hele boom). Bak vir ’n minuut of twee, draai die pannekoek om en bak aan die ander kant. Herhaal tot al die beslag opgebruik is (8–10 pannekoeke).

2 Verhit die olyfolie in ’n ander pan en braai die varkvleis en sampioene tot lekker bruin. Geur na smaak met sout, peper, neutmuskaat en jou gunsteling-kruie. Roer die meel in en braai vir ’n minuut. Klits die room en aftreksel by en kook tot ingedamp en amper droog.

3 Vul die pannekoeke met die vleismengsel en pak in ’n oondvaste bak. Sprinkel die kaas oor en rooster tot goudbruin. 

Ken jou snit: Maalvleis

Varkmaalvleis verdien meer aandag, veral omdat dit gewoonlik goedkoper is as ander maalvleis. Enigiets wat jy met ander maalvleis doen, kan jy met vark ook doen. Maak net seker jy braai dit tot dit goudbruin (maar nie donker) is wanneer jy dit in pastageregte of souse gebruik. Gebruik ’n ballonklitser om enige klonte wat in die pan vorm op te breek. Wanneer varkmaalvleis met beesmaalvleis gemeng word, kry jy die beste geur en tekstuur wat jy jou kan verbeel. Die Italianers, ander Europeërs en die Amerikaners ken die geheim lankal!

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees