Varkvleissosaties met ’n taai pruimsous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 500 ml - kookwater
  • 250 ml - klappermelk
  • 250 ml - jasmynrys
  • 800 g - varkboud, in 2cm- blokke gesny
  • ½ - rooi ui, in blokkies gesny
  • 1 - groot rooi soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny
  • 16 - lourierblare
  • 15 ml - olyfolie
  • 60 ml - pruimsous
  • - lemmetjiewiggies vir voorsit
Metode
Week die sosatiestokkies vooraf in water sodat dit nie brand terwyl dit in die pan is nie.

1. Bring die water en klappermelk tot kookpunt en geur met sout. Roer die rys by, bedek en laat prut oor matige hitte tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer het. Verwyder van die hitte en laat staan vir sowat 5 minute.

2. Ryg die varkvleis, uie, soetrissies en lourierblare op sosatiestokkies. Braai aan alle kante in die olyfolie. Verf met die pruimsous en giet ’n skeut water in die pan. Bedek en laat kook vir ’n paar minute voor jy die deksel afhaal en die sous laat inkook tot taai. Sit voor met die klapperrys en lemmetjiewiggies. 

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees