Varksteaks met dukkah en mango-salsa

Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 4 - varknek -of riboog-steaks
  • 45 ml - olie
  • 45 ml - dukkah
  • 1 - klein komkommer
  • 1 - ryp mango
  • ½ - klein rooi ui, gekap
  • 1–2 - rooi brandrissies, ontpit en gekap
  • 100 ml - gekapte vars koljander
  • 15 ml - suurlemoensap
  • 5 ml - heuning
  • - patattjips om voor te sit
Metode
Sit die steaks voor met die salsa en patattjips.

1. Vryf die steaks oraloor met die olie en dukkah. Verhit ’n dikboompan tot lekker warm en braai die vleis tot goudbruin en deurgaar alkant. Laat rus eenkant terwyl jy die salsa maak.

2. Skil die komkommer, ontpit en sny in klein blokkies. Skil en ontpit die mango en sny in klein blokkies. Meng die ui, rissie, koljander, suurlemoensap en heuning by en geur rojaal met sout en peper. 

Ken jou snit: Varknek

Die nek is die sappigste en geurigste varkvleissnit. Sigbare wit strepe is ’n teken van heelwat kollageen en ’n bietjie marmering in die vleis en dis hoekom dit so heerlik sappig bly wanneer dit gaargemaak word. Die nek bevat wel been – dit is makliker om ’n heel, ontbeende nek of beenlose neksteaks gaar te maak, aangesien dit nie altyd maklik is om bene in die pan of oor die kole te hanteer nie. Varkneksteaks aan die been word nektjops genoem. Varkneksteak of -tjops is heerlik op die rooster, in die oond of in ’n pan gebraai. ’n Heel varknek, ontbeen of nie, werk wonderlik in die oond of braaiketel.
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees