
- 1 kg - vars varkworsies
- sowat 16 - baba-aartappels, gekook
- 1 - soetrissie, in blokkies gesny
- 1 - ui, in kwarte gesny en opgebreek in blare
- sowat 12 - lourier- of suurlemoenblare
- 15 ml - olyfolie
- 30 ml - blatjang
- 15 ml - tamatiesous
1 Druk die worsievleis versigtig uit die derm en vorm twee frikkadelle uit elke worsie se vleis. Ryg nou die frikkadelle saam met die gaar aartappels, soetrissieblokkies, ui en blare op kebabstokkies wat in water geweek is (dit keer dat hulle vlam vat oor die hitte).
2 Verhit ’n groot pan tot warm, giet ’n skeut olie daarin en braai die kebabs tot mooi bruin. Meng die blatjang en tamatiesous vir ’n vinnige aanstryksousie en verf ná 5 minute oor die vleis; braai verder tot dit ’n mooi kleur het. Sit voor met vars slaai.