1 Verhit ’n droë pan en rooster die tortillas tot lekker bruin alkante. Vou elke tortilla dadelik dubbel sodat dit soos ’n taco lyk. Hou eenkant – hulle sal die vorm behou wanneer hulle afkoel.
2 Giet nou die olie in die pan en braai die visvingers tot oraloor bros en deurgaar.
3 Maak die avokado fyn, meng dit met die mayonnaise en geur na smaak met sout, peper en suurlemoensap. (Of kies kortpad met klaar bereide quacamole.)