Visvingers met komkommernoedelslaai

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Geurig en maklik, in ’n japtrap!

Genoeg vir 4

Voorbereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 15 minute

  • 45 ml rysasyn
  • 15 ml sojasous
  • 15 ml sesamolie
  • ’n knippie suiker
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 3 sprietuie, fyngekap
  • 1 komkommer, dungesny
  • 125 g dun rysnoedels, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie
  • 80 ml mielieblom
  • 5 ml borrie
  • 800 g stokvisfilette, in dik repe gesny
  • olie vir vlakbraai
  • 125 ml elk vars koljander en basilie
  • geroosterde sesamsaad (opsioneel)

1. Meng die asyn, sojasous, sesamolie, suiker, rissie en sprietuie en giet die mengsel oor die komkommer en noedels in ’n bak. Laat marineer dit terwyl jy die vis gaarmaak.

2. Meng die mielieblom en borrie en geur met sout en peper. Maak seker die visrepe is droog; rol dit in die mielieblom tot oraloor bedek.

3. Verhit 1 cm olie in ’n pan en braai die vis daarin tot goudbruin en deurgaar. Strooi die kruie oor die noedelslaai en sit dit voor saam met die visvingers. Ekstra sojasous en ’n strooisel geroosterde sesamsaad is opsioneel.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees