1 Meng die krummels en botter en voer die bodem en rande van ’n 20 cm-losboomkoekpan eweredig daarmee uit (of gebruik ’n tertbak indien verkies). Sit dit solank in die yskas.
2 Meng die perskestroop en vrugtesap in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Los die jellie op in die warm sap en laat afkoel.
3 Klits die roomkaas, room en strooisuiker saam tot glad. Klits die verkoelde jellie geleidelik by tot ingemeng. Skep in die voorbereide kors en sit dit in die yskas tot gestol. Versier met die behoue perskeskywe en, as jy wil, appelliefies.