book-icon Uitgawe Augustus 2021

Klop die koue met ’n geurige kerrie en lieflike wyne!

akkreditasie

1 ’n Hand vol speserye Cariema Isaacs se jongste boek, Curried (R350, Penguin Random House), is ’n vreugdevolle huldeblyk aan een van die mees geliefde en veelsydigste geregte ter wêreld – kerrie. Haar herinneringe aan potte Kaaps-Maleise kerrie wat lank en stadig prut, asook die sneller tempo van die Midde-Oosterse landskap waar sy nou woon, het resepte vir alledaagse vegetariese kerries, asook rojaler vleis- en seekosgeregte van oraloor geïnspireer. Elke blad spreek van Cariema se liefde vir skryf, wat dié sorgvuldig saamgestelde boek met sy lieflike foto’s een groot leesplesier maak.

2 Dubbele skeppie Hierdie spesiale 16-stuk-eetgereistel deur Jenna Clifford (R1499, superbalist.com) word van vlekvrye staal gemaak, maar met ’n dun lagie PVD-goud aan die voorkant en witgespuite hewwe span dié eetgerei die kroon op selfs die elegantste feestafel.

3 A New Leaf-, Birds of a Feather- en Eat Local-vadoeke R130 stuk, poetrystores.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees