1. Lieflike handgeverfde ontwerpe deur die kunstenaar Jumarie du Toit vorm die basis van Jumarie From The Heart. Dit word gedruk op weelderige lap waarvan onder meer voorskote, strooikussings en tafellopers gemaak word. Die groot voorskote met gerieflike sakke voor (76 x 64 cm; R449) is uiters gemaklik en maak maklik skoon. Loer by jumariefromtheheart.com.
2. Simply Seasonal (R400, Penguin Random House South Africa), die tweede kookboek deur die lewenslustige kosinhoudvervaardiger Ilse van der Merwe, is ’n opwindende visuele reseptegids wat die oorvloed van die natuur vier. Met meer as 80 watertandresepte – van voorgeregte en bykosse tot hoof- en nageregte – sal die boek jou inspireer om te geniet wat die seisoen jou bied. Elke resep word geïllustreer deur ’n asemrowende kleurfoto. Jy sal weer eenvoudig, plaaslik, met vreugde en jou eie trotse kinkel wil kook.
3. Microplane-sitrusskiller (in verskillende kleure) R459, yuppiechef.com