Lus vir ’n bietjie Paaspret? Kies koers na die SAB World of Beer in Newtown, Johannesburg vir hul jaarlikse Easter Beer Hunt op Sondag 1 April van 10:00 tot 16:00. Nie net kan jy ’n daaglikse biertoer meemaak nie, maar as jy fyn kyk, sien jy dalk SAB-handelsmerke langs die pad – waarmee jy fantastiese pryse kan losslaan!
Toegang kos R125 per persoon, wat twee biere, ’n gedenkglas en ’n begeleide toer insluit. Skakel SAB World of Beer by 011 836 4900 of besoek worldofbeer.co.za.
Die Instant Pot (R1 999, yuppiechef.com) is sewe kombuistoestelle in een: dis ’n elektriese drukkoker, prutpot, ryskoker, stoompot, soteerpan, kosverwarmer én jogurtmaker. Die geheim lê in die gevorderde mikroverwerker-tegnologie en eenknoppiebeheer wat elke keer perfekte resultate lewer – en boonop onthou hoe jy kook! Besoek yuppiechef.com vir nog inligting.