Die nuwe Instant Pot 8L Duo (R2 499 by @home-takke landwyd en aanlyn by takealot.com en hirschs.co.za) is dieselfde 7-in-1-slimkoker wat maaltye in minute pleks van ure berei, net groter. Sien instantpot.co.za.
GD Chocolates word gemaak van natuurlike bestanddele en versoet met suiwer rou heuning. Omdat dit geen preserveermiddels, suiwel, verfynde suikers of hoëfruktose-koringstroop bevat nie, is dié sjokoladestawe die perfekte peuselhappie. Besoek gdchocolate.com.
Ons het dié lieflike servette van vlaslinne (44 x 44 cm; vanaf R220 elk) deur die plaaslike kunstenaar Emzi Ficoroni by E Gallery in Stellenbosch gesien. Meng en pas haar vroulike ontwerpe of kombineer dié skoonhede met effekleurige servette as interessante tafelversiering. Sien meer by @emzigallery op Instagram of skakel 082 909 1446.