Gee jou eetkamertafel ’n tikkie kleur met ’n pragtige Protea-loper (45 x 200 cm; R179,99) en vier kurk-plekmatjies (R149,99) van mrphome.com.
Die Americana-styl-restaurant en musiekvenue Calexico by 44 Stanley in Milpark, Johannesburg, is nou 1 jaar oud. Dis bekend vir kos wat perfek is vir gesellig saamkuier (dink smaaklike nacho’s, klewerige ribbetjies en dubbel-dubbel-hamburgers), met besonderse mengeldrankies en boetiekbier daarby. Vrydagaande kan jy uitsien na ’n platejoggie, en lewende musiek elke Saterdag van 14:00–17:00. Skakel 011 482 5791 of bespreek by info@calexico.co.za.
Don Papa (R699, Makro en Norman Goodfellows) is ’n moet-hê vir rum-liefhebbers. Die pyp-gedistilleerde rum met ’n melasse-basis word eers in verskillende sjerrievate verouder en dan sorgvuldig versny. Verwag geure van pruim, donkersjokolade en ryp vye in dié fluweelsagte drankie. Bederf jouself!