All Sorts of One-Dish Wonders deur Chantal Lascaris (R240, penguinrandomhouse.co.za) wys hoe opwindend eenpotgeregte kan wees met resepte vir meer as net jou alledaagse staatmakerbredie vir ’n weeksaand. Chantal deel amper 80 geregte – ontbyt en nagereg inkluis – wat eenvoudig is om te berei, min moeite verg en altyd smullekker is! Ons kan nie wag om die tuna Niçoise te proe nie.
ClemenGold-nartjies is sappig, maklik om te skil, so te sê pitloos en die perfekte peuselhappie dié winter. Sien clemengold.com.
Die Babylonstoren-tuin het nou ’n niealkoholiese aperitif met borrels gemaak! Bitterlekker (R135 vir ’n sespak 100ml-bottels, babylonstoren.com) spog met ’n alkoholinhoud van minder as 0,55% en kombineer die kruiegeure van heuningbos met die aangename sitrus-byt van bloedlemoen en pomelo.