Saam (R350, Struik Leefstyl) is die huiskos-kampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor resepte uit gemeenskapsresepteboekies. Errieda het geput uit 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is. Die resepte is ruimhartig, gasvry en vol warmte – soos die huiskokke wat dit oorspronklik gedeel het. Al die immergroenes, die flatervryes, kos vir oor-en-weer-kuiers en retro-gunstelinge wat ons as erfeniskos koester, is daar. Met die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is Saam vir almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Dié mooi 12cm-Lilies-bakkie (R49, home.co.za) maak jou kosskepping ‘n kuns!
Roodeberg vier sy 70ste jaar met die bekendstelling van 1949 (R249, KWV Emporium) in ’n beperkte oplaag. Dis ’n gekonsentreerde, diep robynrooi versnit met gul aromas van donker kersie, swartbessie en vanielje – ’n toeganklike wyn, maar kompleks genoeg om goed te verouder. Gesondheid!