1 Teetjie vir jou? Maak ’n stelling met ’n 1-liter-Maxwell Williams Kasbah-teepot R699, home.co.za.
2 Koester ons erfenis Cape of Good Hope Riebeeksrivier Chenin Blanc (R150, shop.rupertwines.com) kom van bosstok-wingerde wat al in 1988 op die plaas Riebeeksrivier teen die hange van die Kasteelberg aangeplant is. Die subtiel gehoute wyn met sy talmende vrugtesmaak is die perfekte pasmaat vir geurige hoender-espetadas. Die Cape of Good Hope-reeks vorm deel van die Old Vine-inisiatief wat Johann Rupert in 2007 begin het met die doel om Suid-Afrika se wynbougeskiedenis te gedenk met terroir-spesifieke wyne. Besoek rupertwines.com.
3 Out of an African Kitchen: Recipes & Stories deur die hotel- en gastehuis-eienaar Nicky Fitzgerald (R290, penguinrandomhouse.co.za) is ’n lekkerlees-versameling resepte, herinneringe en staaltjies uit die boskombuis by Angama Mara op die rand van die Groot Skeurvallei en met ’n uitsig oor die lieflike Maasai Mara-reservaat in Kenia. As die inperking jou voete laat jeuk het vir reis, is dié boek in jou kraal!