book-icon Uitgawe September 2019

Nuwe dinge in en om die kombuis in September

akkreditasie

Geniet wonderlike Italiaanse ontwerp en vakmanskap – binne én buite – met die sjiek Voga Italia-wyne in herbruikbare glasbottels. Die Voga Pinot Grigio is lig op die tong met geure van pere en blomme, en die Rosa is ’n vars, gebalanseerde, droë dog vrugtige rosé. Pryse begin by R169 by voorste verskaffers landwyd. Besoek vogaitalia.com

In haar nuwe boek, Cape Mediterranean (R350, Struik Lifestyle), wys ons gunsteling-kosblogger, Ilse van der Merwe van TheFoodFox.com, hoe Suid-Afrikaners kook en onthaal met plaaslike Mediterreense-stylprodukte. Brood en smere, snoephappies of tapas, oordadige slaaie en braaistukke of vars gebraaide seekos – als voorgesit (dikwels langs ’n vuur) in die goeie geselskap van geliefdes. Dis ’n viering van plaaslike, seisoenale produkte. Heerlik! 

Nicolas Feuillatte Champagne, die topverkoper-sjampanje in Frankryk en derde beste verkoper ter wêreld, het sy jongste lente uitgawe van die Réserve Exclusive Brut Rosé (R780) bekendgestel. Dis geïnspireer deur die bekende Sakura- (kersiebloeisel) seisoen in Japan. Ons is gaande oor die pragtige verpakking!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees