1 Going Home (R450, sophialindop.com) vertel van Sophia Lindop se reis na Libanon op soek na haar wortels. Die boek verken die geregte waarmee sy grootgeword het, asook dié wat sy aan tafel by haar nuutgevonde vriende en familie leer ken het. Kry inspirasie uit sout en soet disse, soos vrugtige baklawa-samoesas, ma’amoul (koekies met dadels en neute) en geurige rys-pilafs. Spesiale aanbod! Tuis-lesers betaal net R400 per eksemplaar; stuur e-pos na annakem@mweb.co.za.
2 Elke wyn vertel ’n storie... Dis die leuse by Muratie, ’n geskiedkundige landgoed in die pragtige Knorhoek-vallei noord van Stellenbosch in die Simonsberg-wynwyk. Muratie, gestig in 1685, is een van die oudste plase in die land. Proe dié geskiedenis en erfenis terwyl jy aan die Muratie Martin Melck Cabernet Sauvignon 2015 (R200 by die kelder) of die Muratie Ronnie Melck Shiraz 2016 (R190 by die kelder) teug. Sien meer by muratie.co.za.
3 Dek ’n prettige tafel met blaarvormige vilt-plekmatjies (R25,99 elk, mrphome.com).