
Foto Ed O'Riley
DIK GROENTESOP
SPAR Freshline Chunky Vegetable Soup Mix kombineer die heilsaamheid van aartappels, pampoen, spinasie, seldery en meer – alles klaar gekap en gereed vir gebruik.
Genoeg vir 4
Voorbereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
- 60 ml SPAR gesoute botter
- 600 g SPAR Freshline Chunky Vegetable Soup Mix
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 1-2 SPAR Chicken of Vegetable Flavour Stock Cubes
- 1 liter kookwater
- 125 ml SPAR Dried Soup Mix (opsioneel)
1. Smelt die botter in ’n groot pot en panbraai die SPAR Freshline Chunky Vegetable Soup Mix tot geurig. Voeg die knoffel, aftreksel, water en SPAR Dried Soup Mix (indien gebruik) by en roer totdat die aftrekselblokkies opgelos het.
2. Verhit die sop totdat dit liggies prut, bedek en kook tot die groente sag is (sowat 30 minute).
3. Versap die helfte van die sop, maar behou genoeg brokkies vir ’n lieflike tekstuur; óf verwerk alles tot glad indien verkies. Geur na smaak en sit dit voor met jou gunsteling- SPAR Freshline-croutons.
Variasies
Voeg gerus jou eie flair by die basiese resep:
1. BOONTJIES Dreineer ’n blik SPAR-botterbone en voeg dit by die sop vir meer lyf. Garneer met ’n strooisel gekapte pietersielie of grasuie.
2. TAMATIE Braai ’n groot lepel vol SPAR-tamatiepuree in die botter saam met die groenteblokkies vir ekstra kleur en geur. Garneer die sop met geroosterde kersietamaties en vars basilie.
3. HOENDER Roer ’n koppie vol oorskiet-braaihoender, in repies gesny, of gaar hoenderfrikkadelle by vir kragtige heilsaamheid.