book-icon Uitgawe Februarie l Maart 2021

Wat's nuut in en om die kombuis dié maand

akkreditasie

1 Gesondheid! Liefdeskos (R155, Media24) is ’n versameling veganistiese resepte sonder melk, graan of eiers deur Amy Hopkins, voormalige kosredakteur van die tydskrif Women’s Health. Weens haar eie kos-allergieë moes Amy van voor af leer kook, en geliefde klassieke geregte aanpas. Dit kan moeilik raak om nuwe geregte op te tower vir mense met spesifieke dieetvereistes, maar dié kookboek vol suiwel- en koringvrye resepte het alles van smoothies en slaaie tot versnaperings en nageregte.

2 The Duchess en Castle het saam die perfekte pak alkoholvrye drankies bymekaargesit sodat jy 2021 op ’n nugter noot kan begin. The Brew & Botanical Alcohol-Free Party Pack (eksklusief by Checkers-winkels, checkers.co.za en op hul Sixty60-app) bestaan uit vier bottels The Duchess Alcohol-Free Gin & Tonic en vier bottels Castle Free-bier vir net R94,99.

3 Reg vir inpak! Clover Cheddar- en Gouda-kaaspakkies bevat elkeen tien individueel verpakte kaasblokkies (25 g elk), wat nommerpas is as snoephappies of vir die kosblik. Dit word van Clover-melk gemaak en is propvol voedingstowwe soos proteïene en kalsium wat sterk bene bou. Kry nog inligting by clover.co.za.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees