1. Mak 'n verskil. Sinoyolo Sifo maak dit sy doel om mans te oortuig dat kosmaak nie net vroue se werk is nie. In Sifo: The Cooking Husband (R330, Penguin) gebruik hy die “universele taal van kos”, soos hy dit noem, as uitnodiging aan mans én vroue om die vreugde van herinneringe wat jy rondom kos skep, te deel.
Die resepte is eenvoudig en toeganklik, smaaklik en gesond. Daar’s verruklike pastageregte, hartlike bredies, kits-middagetes, elegante aandetes, dekadente nageregte én tradisionele Suid-Afrikaanse gunstelinge – ook uit sy kinderjare. Beslis ’n wenner!