1 Clifton Cocktail Gin (R429, cliftongin.com), met sy minerale en mentol-geure van kelp en kapokbos, vang die vars smaak van die Atlantiese Oseaan perfek vas. Sweempies sitrusskil en komkommer word gesteun deur die kruiegeur van boegoe, een van die Kaap se kenmerkendste plante.
2 Met Vickie de Beer se Low-Carb Express (R320, Penguin Random House) kan jy smaaklike etes kook wat nie net goed is vir jou en jou geliefdes nie, maar ook lig op jou sak! Of jy nou vyf minute het om ’n heilsame roereier of ’n smoothie met ’n hulpstoot vir jou immuunstelsel saam te slaan, of ’n halfuur vir die lekkerste laekoolhidraat-bobotie of -kolwyntjies, Vickie bewys dat daar g’n so iets is soos te min tyd vir beter koskeuses nie!
3 Slaai-maats Hierdie stel slaailepels van geklopte metaal sal beslis die oog vang op jou tafel (R349, home.co.za).