1 VOEDSAAM & VLEISVRY Nadat 14 000 eksemplare van Banting 7 Day Meal Plans binne ’n jaar verkoop is, is die nuwe Banting 7 Day Meal Plans Vegetarian deur Rita Venter, Natalie Lawson en Kim Blom (R375, Quivertree) presies wat die vegetariese Banting-gemeenskap wou hê. Laat die meer as 100 maklike, bekostigbare resepte (minstens 40 daarvan veganisties) jou inspireer tot ’n voedsame en volhoubare vleisvrye leefstyl!
2 VAN NUUTS AF As jy die eerste keer huis opsit of ’n woonstel uitrus om te verhuur, bied The Crazy Store alles wat jy nodig het met hul nuwe Kickstart-reeks kombuisgereedskap. Kies van eetgerei tot eierspane in modieuse groen, grys en wit. Daar’s ook ’n groot reeks bakplate, muffin- en koekpanne. Teen pryse vanaf R19,99 kan jy in ’n oogwink gereed wees vir bak en brou! Besoek crazystore.co.za.
3 KLEIN BEDERFIES Nutrikids- gegeurde laevet-suiwelhappies is perfek vir die kleinspan se kosblik en verseker dat hulle al die kalsium en vitamien D kry wat hulle nodig het om sterk en gesond te groei! Kry nog inligting by clover.co.za.