book-icon Uitgawe September 2022

Maklike vlaskywe

akkreditasie

1. Smeer ’n vierkantige tertbak van 20 x 20 cm met kleefwerende kossproei. Pak ’n laag kraakbeskuitjies onderin – sorg dat die breeklyne van al die beskuitjies in dieselfde rigting wys.

2. Verhit die melk, suiker en botter saam totdat die suiker gesmelt is. Meng die vlapoeier, mielieblom en sout in ’n mengbak. Klits nou die warm melkmengsel in ’n dun straaltjie by die vlapoeier terwyl jy aanhoudend klits. Skep die mengsel terug in die kastrol en klits oor matige hitte tot die vla dik is (amper soos wanneer jy witsous maak). Klits die vanielje by en verwyder van die hitte.

3. Giet die vlamengsel versigtig oor die beskuitjies in die bak sonder dat hulle rondskuif, en smeer gelyk. Pak nou nog ’n laag beskuitjies bo-op die vla; maak seker die breeklyne wys weer in dieselfde rigting as die onderste laag beskuitjies. Sit oornag in die yskas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees