As jy nie hou van mikrogolf-kookkuns nie, kan jy dit maklik in ’n kastrol op die stoof maak. Onthou net om aanhoudend te roer sodat dit nie brand nie.
1. Smelt die botter, kondensmelk, melk en die suikers saam in ’n mikrogolfbestande bak met hoë kante deur dit vir 2 tot 3 minute saam op hoog te mikrogolf. (Die fudge borrel hoog tydens die kokery en as die bak te vlak is, sal dit oorkook.) Haal uit die oond en roer goed deur.
2. Kook nou vir 2 minute op ’n slag, vyf tot ses keer ná mekaar – roer goed ná elke 2 minute. Die kleur sal stelselmatig donkerder word en die mengsel dikker. Die kleur sal jou ’n aanduiding gee dat die fudge reg is. Die sterkte van jou mikrogolfoond kan die kooktyd beïnvloed.