Mango-en-steurgarnaalslaai

akkreditasie
Bereidingstyd: 30-40 min.
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 5 minute
Bestanddele
  • 60 ml - sesamsaad, gerooster
  • 1 - sprietui, gekap
  • 2 - groot mango’s
  • 2 - knoffelhuisies, gekneus
  • - SLAAISOUS
  • 4 - selderystingels, gekap
  • - gerasperde lemmetjieskil
  • - ’n hand vol vars ment-blare, gekap
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 1 - knoffelhuisie, gekneus
  • 12 - middelslag-steurgarnale
  • 2 - hoenderborsies, gaar
  • 1 - duimgroot stuk vars gemmer, gesny
  • 2 - rooi brandrissies, gekap
  • - botter
  • 2,5 ml - sout
  • - sap van twee lemmetjies
  • 30 ml - grondboontjie-olie
  • 5 ml - suiker
  • 125 ml - geroosterde okkerneute, gekap
Metode
Kry die resep hier.

1. Maak die steurgarnale skoon en verwyder die doppe. Pak dit op ’n oondroosterpan en stippel met botter. Sprinkel brandrissie en lemmetjieskil oor en rooster tot gaar onder ’n voorverhitte roosterelement. Dit duur net ’n paar minute. 

2. Sny die hoenderborsiesin skyfies.

3. Sny die wange van die mango’s af en sny dit in dun skyfies. Sit dit in ’n mengbak saam met die gemmer, knoffel, seldery, okkerneute en ment. Voeg die hoenderskyfies en steurgarnale by. 

4. Berei die slaaisous Maak die sout, sesamsaad, suiker, knoffel en brandrissie in ’n stamper en vysel fyn. Voeg die lemmetjiesap, grondboontjie- olie en sprietui by en meng. Gooi dit oor die slaai en meng deur.

5. Skep die slaai in ’n plat skottel en sit voor. 

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees