Melktert met ’n kinkel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Genoeg vir 1 reghoekige tert (12 x 34 cm)

Bereidingstyd 45 minute

Gaarmaaktyd 1 uur

  • 400 g blaardeeg gemaak met regte botter, ontvries
  • 80 ml kaneelsuiker

VULSEL

  • 500 ml melk
  • 2 eiers
  • 2 eiergele
  • 45 ml koekmeel
  • 80 ml kaneelsuiker
  • 15 ml botter

1 Rol die blaardeeg oop, sprinkel met die kaneelsuiker en rol weer styf op. Sny in 1 cm-wiele en pak knus teen mekaar in ’n langwerpige losboomtertpan. Gebruik jou vingerpunte om die deeg plat te druk waar nodig sodat die hele bodem en rande daarmee bedek is. Sit in die yskas tot nodig.

2 Klits die eiers, eiergele, meel en kaneelsuiker saam tot lig. Verhit die melk in ’n kastrol tot net onder kookpunt, en klits dit dan geleidelik by die eiermengsel terwyl jy aanhoudend met ’n draadklitser klop. Vee die melkkastrol met kombuispapier uit en giet die melkmengsel terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl jy aanhoudend klits en die mengsel effens verdik. Haal van die hitte af en roer die botter by. Giet deur ’n sif om seker te maak dat daar geen klonte in is nie. Laat afkoel.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C en bak die tertdop vir sowat 20 minute tot ligbruin en net gaar. Giet die vulsel in die dop en bak weer vir sowat 20 minute of tot die vulsel gestol het. Laat effens afkoel tot stewig genoeg om te sny. Sprinkel kaneel oor en sit warm voor.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees