Mieliebrood met pynappel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bak hierdie smullekker broodjies in inmaakblikke.


Genoeg vir:
4-6 blikke

Voorbereiding: 25 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

Baktyd: 25 minute

  • 250 ml polenta
  • 250 ml koekmeel, plus ekstra meel vir oorsif
  • 15 ml bakpoeier
  • 15 ml suiker
  • 3 eiers, geklits
  • 30 ml ongegeurde jogurt
  • 60 ml olyfolie
  • 1 blik (220 g) pynappelringe, gedreineer, gekap
  • 1 blik (410 g) mielies, gedreineer
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 bossie sprietuie, gekap
  • 125 ml mozzarellakaas, gerasper

1. Voorverhit die oond. Meng al die bestanddele behalwe die kaas. Smeer 4-6 skoongewaste blikkies, sif meel oor en skud die oortollige meel uit. (Dit help dat die broodjies makliker uitkeer nadat dit gebak het.)

2. Vul die blikkies driekwart vol met die beslag. Strooi die kaas bo-oor en bak vir sowat 25 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom as dit getoets word. Laat effens afkoel, sny om die rande los en keer uit.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees