
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
- 3 eiers, geskei
- 150 ml melk
- 250 ml koekmeel, gesif
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 2 gaar heel mielies, pitte afgesny
- 4 repe swoerdlose spek, gerooster tot bros
- esdoringstroop
1 Klits die eiergele. Voeg die melk, meel, bakpoeier en sout om die beurt by terwyl jy aanhoudend klits. Dit sal ’n gladde, dik beslag vorm.
2 Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in.
3 Gebruik ’n kleefvrye braaipan en skep ’n bietjie van die beslag in die pan. Braai dit oor matige hitte tot goudbruin en ferm aan die onderkant. Strooi nou mieliepitte bo-op elke plaatkoekie voor jy dit omdraai. Braai die onderkant ook tot goudbruin en gaar.
4 Sit voor met spek en esdoringstroop.