Mielies in spek oor die kole

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 4 - heel mielies
  • 8 - repe swoerdlose spek of prosciutto
  • - tamatie-en-brandrissiekonfyt
Metode
Sit dié heerlike staatmakers met tamatie- en-brandrissiekonfyt voor. As jy mielies oor die kole rooster is dit amper asof die rookgeur die natuurlike soetigheid van die mielies beklemtoon.

1. Kook die mielies vir sowat 5–8 minute en dreineer dit.

2. Draai een of twee repe spek om elke mielie en steek dit met ’n peuselstokkie of bind dit met tou vas.

3. Braai die mielies oor matige kole tot dit gaar en goudbruin, en die spek gerooster is.

4. Sit dit voor met ’n bakkie tamatie-en- brandrissiekonfyt sodat dié wat wil daarvan kan oorsmeer voor hulle weglê.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees