
- 375 ml - koekmeel
- 20 ml - bakpoeier
- 250 ml - ligbruinsuiker
- 80 ml - kakao
- ’n knippie - sout
- 3 - eiers, geklits
- 180 ml - kanola-olie
- 5 ml - vanieljegeursel
- 375 ml - kookwater, effens afgekoel
- 100 g - pekanneute, grofgekap
- - kersies en neute as garnering
- - roomys of vla om voor te sit
- - STROOP
- 45 ml - botter
- 250 ml - ligbruinsuiker
- 375 ml - kookwater
- ’n knippie - kaneel
- 5 ml - vanieljegeursel
- ’n knippie - sout
- 80ml - brandewyn
1 Meng die meel, bakpoeier, suiker, kakao en sout in ’n mengbak. Klits die eiers, olie en vanielje saam in ’n ander bak. Voeg dan die eiermengsel, kookwater en pekanneute by die droë bestanddele en klits tot net glad. Giet die beslag in ’n gesmeerde 2-liter-mikrogolfveilige bak en mikrogolf op hoog vir 12 minute.
2 Maak die stroop terwyl die koek bak. Roer die botter, suiker en kookwater saam oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, draai effens af en laat prut driftig vir 5 minute. Roer die res van die bestanddele by en verwyder van die hitte.
3 Haal die poeding versigtig uit die mikrogolfoond, druk oraloor gaatjies met ’n sosatiestokkie en giet die helfte van die warm stroop oor. Laat staan vir 5 minute voor jy ook die res van die stroop oorgiet.
4 Keer die poeding uit, garneer met kersies en neute en sny in dun skyfies. Sit voor met roomys, vla of al twee!