1. Meng die koffie met die sjokolade- splinters, kaneel en Kahlua.
2. Skep een of twee balle roomys in ’n mooi glasbeker en giet die warm koffiemengsel daaroor. Strooi ’n bietjie ekstra speserye oor en val dadelik weg. Maklik, nè!
Kies ’n lig- of mediumgeroosterde koffieboon (proe vooraf daaraan). Smelt nou jou gunstelingsjokolade, verkieslik melk- of donkersjokolade wat nie te bitter is nie, en doop die bone een vir een daarin tot bedek. Pak die bone op ’n vel bakpapier en laat die sjokolade stol. Die bittersoet klontjies is die perfekte garnering vir ’n sjokoladekoek, ’n spesiale tert of regmakertjie ná ’n groot ete.