Deel

Murgbeensop! Laekoolhidraat-lekkerny...

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster

Kos wat met bene berei word is goed vir spysvertering en verlig allerhande kwale en gewrigspyne; dit bevorder ook gesonde hare, vel en naels. Hier is ’n basisresep vir ’n ryk vleisaftreksel wat jy net so kan eet of kan opdollie tot ’n vullende maaltyd.

1 Voorverhit die oond tot 220 °C en rooster die bene, vleis en groente saam vir sowat 20 minute tot goed bruin en gekaramelliseer. Jy kan die groente ook in ’n riffelpan kleur gee – dit dra alles by tot die sop se geur.

2 Keer nou die roosterpan se inhoud uit in ’n groot pot en bedek met die water. Voeg die tamatiepasta, speserye, kruie en asyn by en bring tot kookpunt. Draai die hitte af tot laag en laat prut met die deksel op ’n skrefie oop vir minstens 8 uur. Skep enige skuim af wat bo-op vorm en gooi weg. Die dieetkundige Sally-Ann Creed kook haar sop vir 24 uur – besluit self. As jy wil, kan jy van die vet afskep en in die yskas hou om groente in te braai pleks van botter.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees