Noedelslaai met klewerige varkvleis en pynappel

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 30ml - bruinsuiker
  • 1 - rooi rissie, gekap
  • 150g - vermicelli-noedels
  • 2cm - vars gemmer, geskil en gekap
  • 5ml - olie
  • 15ml - ghi (verhelderde botter)
  • - SLAAI
  • 1 - klein komkommer, geskil en gesny
  • 30ml - sesamolie
  • 2 - wortels, in linte of “noedels” gesny
  • - ’n hand vol vars ment en basilie
  • - SOUS
  • 3 - sprietuie, fyngekap
  • 15ml - vissous
  • 3 - ontbeende varknektjops
  • 2 - mediumgroot rooi en oranje soetrissies, saad verwyder en fyngesny
  • sowat 250ml - geblikte pynappelstukkies in ligte stroop
  • - lemmetjiesap na smaak
Metode

1  Kry al die slaaibestanddele gereed: Was en druk die kruie droog, kap die groente en week en verfris die noedels volgens die aanwysings op die pakkie.

2  Verhit die ghi en die olie tot warm en braai die tjops aan weerskante tot bruin; geur met sout en peper.

3  Voeg nou die rissie, soetrissies en gemmer by en braai tot geurig. Voeg die bruinsuiker, pynappelstukke en stroop by en braai verder tot die tjops gaar en die sous klewerig is. Geur met die sesamolie, vissous en lemmetjie; sojasous is opsioneel. Onthou om te mik vir balans tussen die soet en sout geure.

4  Laat die vleis ’n minuut of twee rus voor jy dit in skyfies sny. Pak die slaaibestanddele op ’n groot dienbord en rangskik die varkvleis bo-op. Giet elke druppel klewerige sous oor en sit dadelik voor.

Varknektjops word nie altyd in die vleiskaste uitgestal nie. Vra jou slagter om dit vir jou te sny.
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees