
- 250 ml - water
- - SJOKOLADESOUS
- 200 ml - room
- 250 ml - olie
- 3 - eiers
- 125 ml - suiker
- - SPESERYKOEJAWELS
- 1 - kaneelstokkie
- 250 ml - kookwater
- 1 - sjokoladekoek in ’n boks (Ina Paarman of Woolworths s’n)
- 3 ml - gedroogde rissievlokkies
- 1 - steranys
- 10 - vars koejawels, gehalveer (skil as jy wil)
- 3 - kardemompeule, gekneus
- - reep lemoenskil
- - ’n knippie rissiepoeier
- 200 g - donkersjokolade
1. Maak die speserykoejawels Verhit die suiker en water stadig in ’n kastrol tot al die suiker opgelos is. Voeg die lemoenskil en speserye by en bring tot kookpunt. Sodra dit kook, voeg die koejawels by en draai die hitte tot laag. Laat prut vir so 5 minute tot sag maar steeds ferm. Laat effens afkoel.
2. Vir die koek Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 2 x 22 cm-koekpanne (rond of vierkantig; ons het ’n ringpan gebruik) met bakpapier uit. Skep die koejawels uit, verdeel tussen die twee panne en plaas hulle met die plat kante na onder op die bodems. Behou die stroop. Meng die koekbeslag deur al die bestanddele saam te klits en giet dit oor die koejawels. Bak die koeke vir sowat 45 minute tot gaar. Haal uit die oond en giet dadelik die behoue stroop deur ’n siffie oor die warm koeke. Laat effens afkoel voor die koeke uitgekeer word.
3. Maak die sous Verhit die sjokolade en room saam tot die sjokolade gesmelt is. Roer ’n knippie rissiepoeier by. Skep in ’n beker en sit saam met die louwarm koek voor.