book-icon Uitgawe Desember 2022 | Januarie 2023

Onweerstaanbare pampoenpoffers met karamelsous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GREG COX
GREG COX

1. Voorverhit die oond en spuit ’n vlak muffinpan met kleefwerende kossproei (ons pan het oulike stervorms). 

2. Sit al die bestanddele vir die poffers in ’n groot maatbeker en verwerk met ’n staafmenger tot glad. Verdeel die beslag tussen die holtes van jou muffinpan (jy mag dalk twee keer moet bak indien jy net een pan het, aangesien die resep 18 poffers maak) en bak vir sowat 15 minute of tot gaar en uitgerys. Skep uit en bak die res van die beslag. 

3. Maak die sous Roer die botter en suiker saam in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die suiker smelt. Roer nog ’n paar minute tot die sousie karamelkleurig word. Roer versigtig die melk en vanielje by (indien daar nou weer kristalle gevorm het, roer tot opgelos). Meng die mielieblom met die ekstra 15 ml melk tot glad en voeg dit by die sous. Kook tot die sousie verdik en jy nie meer rou mielieblom proe nie. Keer uit in ’n bekertjie, reg vir gebruik.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees