book-icon Uitgawe Junie 2018

Oondgeroosterde varkblad met lemoen, vinkel en rissie

Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 min. + marineer
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 3 uur + 20 min.
Bestanddele
  • 15ml - geurige sesamolie
  • 1 - ui, in skyfies gesny
  • 15 ml - seesoutvlokkies
  • 2 - knoffelhuisies, geskil
  • 3 - lourierblare
  • 2 cm - vars gemmer, geskil
  • 5 ml - growwe peper
  • 1 - suurlemoen
  • 10 ml - vinkelsaad
  • - MARINADE
  • 2 kg - ontbeende varkblad, vel netjies afgesny (hou vir sooltjie)
  • 1 - lemoen, in skyfies gesny
  • 1 - klein rooi ui, geskil
  • 1 - brandrissie, gekap
  • 15ml - soet sojasous
  • 1 - lemoen
Metode
Kies ’n ontbeende roosterstuk – dit verseker dat die vleis eweredig gaar word en is ook baie maklik om te sny.

1. Maak die marinade Druk die sap uit die lemoen en suurlemoen. Voeg die res van die bestanddele by en maak fyn met ’n staafmenger.

2. Bind die vleis met kombuistou in ’n netjiese vorm met die vet aan die buitekant en giet die marinade daaroor in ’n glasbak. Vryf goed in, bedek en marineer vir minstens 2 uur (verkieslik oornag) in die yskas.

3. Oond toe Haal die vleis uit die yskas en laat dit kamertemperatuur bereik; voorverhit intussen die oond tot 160°C. Sit die blad dan op ’n draadrakkie in ’n roosterpan saam met die ekstra ui, lemoenskyfies en lourierblare. Geur met die sout en peper en giet die marinade en sowat 250ml kookwater onder in die pan. Bedek en rooster vir 3 uur.

4. Haal die vleis uit die oond, bedruip met die pansous en rooster dan onbedek vir nog sowat 20 minute sodat die vetlagie ’n mooi kleur kry. Laat die vleis rus voordat jy dit in dun skyfies sny vir voorsit.

Wenk

Gebruik jou elektriese kerfmes en hou die snytjies dun – dit help met porsiebeheer, en met ’n lekker lang sous daarby (sien onder) rek jy jou rande verder. Oondgeroosterde pampoen met vars ertjielote, geroosterde aartappels en groenboontjies is heerlike bykosse. 

Vleissous

Maak die allerlekkerste vleissous deur sowat 1 kg varkbene met baie vleis aan goed te smeermet 60 ml tamatiepasta en dan saam met ’nverskeidenheid geurgroente soos preie, uie, wortels,seldery en ui in ’n oondbak onder ’n roosterelement terooster tot goed gekaramelliseer. Giet ’n skeut witwyn, bier of sider by en roer enige stukkies wat aan die pan vassit, los. Sit noualles ’n groot pot, voeg pietersielie, lourierblare, ’n paar peperkorrels en sowat 2 liter aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut dan oor lae hitte vir minstens1 uur tot geurig. Giet alles deur ’n sif in ’n kleiner potjie, voeg ’n ruim skeut room by,asook enige pansouse van jou roosterstuk. Sodoende kry jy ook al die pikante geure van jou marinade in die sous. Kook af tot dik en glansend, of verdik met ’n bietjie meel.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees