Oondgeroosterde varknek met sampioene

Francois Oberholster
Bereidingstyd: 35 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 2 uur 15 min.
Bestanddele
  • 4 - lourierblare
  • 8 - groot salieblare
  • 400 g - sampioene, gekap
  • 6 - skyfies gerookte ham
  • 2 - uie, in skywe gesny
  • 350 ml - bier of appelsap
  • 5 - takkies tiemie
  • 30 ml - olyfolie
  • 1 - knoffelhuisie, in skyfies gesny
  • - skil van 1 suurlemoen
  • 1 - ontbeende varknek (sowat 2kg)
  • VULSEL -
Metode
Bederf jou gesin met ’n feesmaal van sappige Suid-Afrikaanse vark.

1. Braai die salie en knoffel vir die vulsel liggies in die olyfolie tot die knoffel begin verkleur. Skep uit en braai die sampioene tot goudbruin. Geur met sout, peper en suurlemoenskil, verwyder van die hitte en laat afkoel.

2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Vlek die vleis met ’n skerp mes en geur met sout en peper. Rangskik die ham in ’n laag op die vleis, gevolg deur die sampioene, knoffel en bros salieblare. Rol die vleis styf op en bind vas met kombuistou, 2 cm uitmekaar.

3. Braai die vark oraloor in ’n skeut olyfolie in ’n oondvaste skottel. Voeg die uie, lourierblare, tiemie en bier (of appelsap) by, maak die deksel toe en oondrooster vir 1 uur. Verlaag die hitte tot 160 °C en rooster nog ’n uur of tot die vleis sag is.

4. Haal die vleis uit die bak en laat dit rus voor jy dit voorsny. Giet die pansappe deur ’n sif en kook in om ’n sous te maak.

Wenk: Jy kan steeds nie-alkoholiese bier by die winkels koop

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees