Oosterse hoender met klapperrys

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 40 min. + marineer
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • 12 - hoenderstukke
  • - koljanderblare vir voorsit
  • - MARINADE
  • 2 - brandrissies, ontpit en gekap
  • 2 - knoffelhuisies, fyngekap
  • - ’n hand vol koljanderblare, fyngekap
  • - sap en skil van ’n lemmetjie
  • 1 - duim gemmer, geskil en gerasper
  • 50 ml - sojasous
  • 15 ml - sesamolie
  • 15 ml - heuning
  • - KLAPPERRYS
  • 1 - ui, fyngekap
  • 30 ml - olyfolie
  • 375 ml - basmatirys
  • 10 ml - sout
  • 250 ml - klappermelk
  • 350 ml - kookwater
Metode
Dis nou ’n maklike manier van onthaal – al wat kort, is ’n vars slaai daarby.

Oondtemperatuur: 180°C

1 Marineer die hoender Meng al die marinadebestanddele, sit die hoender daarin en sit dit oornag in die yskas.

2 Voorverhit die oond. Skep die hoender en marinade in ’n diep oondbak en bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar. Bedruip die hoender nou en dan met die pansous.

3 Vir die rys Braai die ui stadig in die olie tot glansend. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die sout, klappermelk en kookwater by en bring tot kookpunt. Sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot die rys gaar en al die vloeistof geabsorbeer is (sowat 15 minute). Haal die kastrol van die hitte af en laat nog so 5 minute staan. Maak die korrels met ’n vurk los en skep die rys in ’n dienbak. Skep die hoender bo-op, sprinkel met vars koljanderblare en smul dadelik.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees