book-icon Uitgawe Januarie 2018

Oosterse steakstokkies

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 45 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 750 g - lendeskyf, in blokkies van 2 x 2cm gesny
  • 1 – 2 - rooi uie, geskil en in wiggies gesny
  • 8 - radyse, goed gewas en gehalveer
  • 8 - suurlemoenblare
  • 30 ml - geroosterde sesamsaad
  • - MARINADE
  • 2 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 60 ml - geroosterdesesamsaad-olie
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 1 - rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 80 ml - sojasous
  • 15 ml - oestersous
  • 15 ml - heuning
Metode
Die resep is geïnspireer deur Alyssa Rivers van The Recipe Critic-blog. Die geurkombinasie is vingerlek-lekker!

1. Klits die marinadebestanddele saam en marineer die vleis vir sowat 30 minute daarin. Ryg op stokkies saam met die rooi uie, radyse en suurlemoenblare en rooster dit in ’n dikboompan, oor matige braaikole of onder ’n roosterelement tot mediumgaar (of soos jy daarvan hou).

2. Bedruip gereeld met die marinadesousie sodat die buitekant ’n lekker taai lagie kry. Strooi die sesamsaadjies oor en sit voor met groen roerbraaigroente en ’n vars slaai. Ons het ’n strooisel eetbare blommetjies bygesit vir die mooi. 

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees