Ouma Magda se kerrievarktjops

Bereidingstyd:
Porsies: sowat 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute plus marineertyd
Bestanddele
  • 1 kg - varktjops
  • 5 ml - sout
  • 2,5 ml - peper
  • 1 - knoffelhuisie, gekneus
  • 1 - groot ui, in skywe gesny
  • 1 - koppie kookwater
  • 1 - opgehoopte eetlepel kerriepoeier
  • 5 ml - botter, gesmelt
  • 15 ml - bruinsuiker (of na smaak)
  • 1 - opgehoopte teelepel mielieblom
  • 30 ml - blatjang of appelkooskonfyt
  • ½ koppie - asyn
Metode
Hierdie handgeskrewe resep van my oorlede ouma Magda het ’n trotse plek in my ma se familieresepteboek. Die tjops smaak vorentoe wanneer dit oor die kole gebraai word.

1 Verhit alles behalwe die vleis en asyn saam; laat prut dan vir 10-20 minute. Laat die sous afkoel.

2 Roer die asyn by die sous en giet die mengsel oor die vleis in ’n plat bak. Bedek en hou in die yskas vir ’n dag of twee – draai die vleis so twee maal per dag om sodat dit oraloor met marinade bedek bly.

3 Haal die vleis uit die yskas en maak seker dit bereik kamertemperatuur voor jy dit stadig braai tot gaar. Bedruip af en toe met die marinade.

Wenk Om die vetjie uit te braai is altyd ’n goeie idee. Probeer om die tjops op die vetrand staan te maak in ’n rakkie of rooster.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees