book-icon Uitgawe April 2023
Deel

Pampoenkoekie-kaaskoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Greg Cox
Foto: Greg Cox
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: Maak 1 kaaskoek
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • 150g - semelkoekies met donkersjokolade
  • 80ml - botter, gesmelt
  • - karamelneute as garnering 
  • - VULSEL
  • 500g - pampoen, gaar gestoom 
  • 5ml - fyn kaneel
  • 200ml - suurroom
  • 30ml - mielieblom
  • 2ml - gemengde speserye 
  • 3 - houertjies mediumvet-roomkaas, by kamertemperatuur
  • 250ml - strooisuiker
  • - ’n knippie sout
  • 4 - ekstragroot eiers
Metode
Die geur van kaneel herinner my altyd aan soet pampoen op ’n Sondagspyskaart. Gee dié geure ’n nuwe baadjie in koekvorm. 

1. Voorverhit die oond. Spuit ’n 22 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei en bedek buite-om met foelie. Die foelie keer dat die vulsel uitlek of water inloop terwyl dit in die waterbad bak. 

2. Krummel die koekies en meng met die gesmelte botter. Druk die koekies onderin die pan vas om ’n kors te vorm en sit dit in die yskas totdat die vulsel gereed is. 

3. Verwerk die pampoen met ’n staafmenger tot ’n gladde puree. Voeg die speserye, mielieblom en suurroom by en blits tot net glad; hou eenkant. Klits die roomkaas, strooisuiker en sout saam tot glad. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits laastens die romerige pampoen by. Giet die mengsel oor die kors.

4. Sit die kaaskoek in ’n oondbak met genoeg warm water dat die koekpan halfpad daarin staan. Bak vir 1 uur, toets of die vulsel nog loperig is en bak nog 15 minute indien nodig. Bedek die bokant met bakpapier of foelie as dit te gou bruin raak. Skakel die oond af en laat die kaaskoek vir nog ’n uur in die oond rus voor jy dit uithaal en laat afkoel. Sit dit dan oornag in die yskas. Garneer met gekapte karamelneute (oorkant) vir ’n dekadente teetydbederf. 

Maak jou eie karamelneute

  • Smelt 30 ml botter in ’n diep mikrogolfbestande bak.
  • Roer 125 ml loperige heuning en 250 ml heel, geroosterde pekanneute of gemengde neute by.
  • Mikrogolf alles saam op hoog vir 6 minute of tot die heuning ’n diep karamelkleur het.
  • Giet versigtig uit op ’n vel bakpapier en smeer gelyk.
  • Laat heeltemal afkoel en breek in stukke of kap fyn.
  • Bewaar in ’n lugdigte houer.
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees