Panpizza met pynappel

akkreditasie
Almal se gunsteling!

Genoeg vir: 1 pizza
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 200°C
Baktyd: 25–30 minut

Bestanddele

KORS

  • 500ml koekmeel
  • 10ml bakpoeier
  • 125ml olie
  • 250ml warm water
  • 2,5ml sout

BOLAAG

  • 125ml songedroogdetamatie-pesto of dik tamatiesmoor
  • 250ml gerasperde mozzarellakaas
  • 1 klein pynappel, geskil, kern verwyder, in blokkies gesny
  • 200g gekookte ham, in blokkies gesny

So maak jy ...

1. Voorverhit die oond. Plaas al die bestanddele vir die kors in ’n plastiekbak met ’n deksel wat dig sluit. Sit die deksel op en skud die houer deeglik tot al die bestanddele gemeng en ’n deegbal gevorm het. Maak die houer oop, maar wees versigtig: die deeg kan nog warm wees. Knie die deeg verder in die houer. Dis ’n effense nat deeg. Druk die deeg dun in ’n groot gesmeerde bakplaat uit.

2. Smeer songedroogdetamatie-pesto of dik tamatiesmoor dun oor die deeg en sprinkel mozzarellakaas bo-oor. Sprinkel die pynappelblokkies en die ham oor en bak die pizza vir 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in blokkies en sit voor.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees